De La Fontaine Aftree-oord maak voorsiening vir alle behoeftes om 'n sosiale gemeenskap te huisves. Die oogmerk is om 'n aangename atmosfeer te skep en 'n hoë standard leefstyl te handhaaf in die omgewing waarin u tuis is.
De La Fontaine Aftree-oord bied 'n moderne, gesondheidsbewuste leefstyl met 'n gimnasium, swembad, uitgebreide wandelpaaie en gereelde beplande uitstappies, met die doel om 'n aktiewe en kwaliteit lewenstyl te bevorder.
De La Fontaine Aftree-oord, geleë in die hartjie van die Bosveld ~ Brits, Noord-Wes ~ met maklike snelweg toegang tot Johannesburg en Pretoria (50km) bied 'n wonderlike kombinasie van plattelandse gevoel met die Magaliesberge in die agtergrond, genoeg groen spasie binne die oord, gekombineer met die gerusstelling van 'n sekuriteitsontwikkeling en 24-uur verpleegsorg byderhand.
De La Fontaine Aftree-oord, bied die gerustelling van 'n sekuriteitsontwikkling en gekwalifiseerde verpleegpersoneel om na u gesondheid om te sien wanneer u dit nodig het, om 'n onafhanklike leefstyl te verseker.
De La Fontaine Aftree-oord is 'n lewensstyl-oord meer as 'n aftree-oord, wat bestuur word in samewerking met die eienaars en inwoners, wie hul eie belange en dié van die aftree-oord sal beskerm.
Wat Maak De La Fontaine Aftree-Oord Uniek?
- Die kooppryse is meer mededingend as enige ander soortgelyke aftree-oord in die omgewing.
- Verskeidenheid van wooneenhede om van te kies om elke persoon se behoeftes te pas: huise, tuinhuise, woonstelle & hulpsuites.
- Ten volle toegeruste siekeboeg met gekwalifiseerde verpleegpersoneel wat 7 dae per week, 24 uur aan diens is.
- Sekuriteitskompleks met deurnag patrollies.
- Gemeenskaplike geriewe soos eetsaal, biblioteek, sport en ontspanningsarea vir gesellige samesyn.
- Doeltreffende verhuringsdiens beskikbaar vir eienaars wie nie dadelik wil okkupeer nie.
- JFE is die ontwikkelaars van die 'Fontaine' reeks aftree-oorde landwyd met jare se ondervinding van aftree-oorde en die behoeftes van afgetrede persone.
Kyk gerus deur hierdie webwerf vir meer inligting omtrent die De La Fontaine Aftree-oord.




