Canal Village, Residensiële ontwikkeling, Brits, Noord-Wes Provinsie

Ter uitbreiding van JFE Future se ontwikkelings veld, was Canal Village die volgende projek wat aangepak is - 'n residensiële ontwikkeling te Brits. In hierdie omgewing is die platinum industrie baie prominent en is daar 'n behoefte vir kleiner, meer gesins-georiënteerde behuising.

Canal Village is 'n sekuriteitsontwikkeling met 24 uur toegangsbeheer. Geleë 'n paar kilometer buite Brits, in 'n pragtige landelike omgewing met die Magaliesberge in die agtergrond, is Canal Village 'n baie populêre ontwikkeling in hierdie area.

Aangesien behuisingsbehoeftes deurlopend verander, hou JFE Future tred met die benodigdhede van hul kopers. Die ontwerp en uitleg van die huise word daarom konstant aangepas met die aanvang van 'n nuwe bou fases om te verseker dat daar aan die eienaar / inwoner se vereistes voldoen word. Die Canal Village ontwikkeling bestaan uit die volgende komponente :

  • Canal Village (Fase 1) ' 112 twee en drie slaapkamer residensiële huise
  • Uitsig (Fase 2a) ' 10 residensiële huise en 5 erwe (om ontwikkel te word)
  • Kleinplasie (Fase 2b) ' skouhuis en 48 erwe (om ontwikkel te word)

Fase 3 van hierdie gesogte ontwikkeling sal later ontwikkel word.