Fontaine Bleau Aftree-Oord, Panorama, Wes-Kaap

Fontaine Bleau Aftree-Oord was die eerste eiendomsontwikkelings projek wat JFE Future aangepak het. Hierdie projek was bykans onmiddellik uitverkoop wat 'n duidelike aanduiding was van die behoefte van so'n aftree-oord in die omgewing. Die sukses van hierdie aftree-oord is nou baie duidelik sigbaar in die populariteit en ongelooflike waarde vermeerdering van die eiendomme binne die ontwikkeling.

Bouwerk aan die projek het begin in 2004 en finale voltooiing is bereik in 2007.

Hierdie is 'n sekuriteitsonwikkeling met 24 uur toegangsbeheer, interkom sisteem (wat die inwoners verbind met die siekeboeg en hoof ingang) en 'n gesentraliseerde televisie netwerk. Die siekeboeg en fasiliteit vir verswaktes beskik oor 22 beddens en word beman deur gekwalifiseerde personeel wat 24 uur aan diens is. Die hoofgebou en ontspanningsareas sluit die volgende in : eie kombuis (wat drie gebalanseerde daaglikse maaltye voorsien aan die siekeboeg en hulpsuite inwoners, asook middagetes wat bedien word in die eetkamer), ruim en gesellige eet- en sitkamer (met kaggel en groot skerm TV), dames kroeg, haarsalon, biblioteek, snoepwinkel, rolbalbaan, klubhuis en onderdak swembad.

Elke eienaar in die ontwikkeling is 'n lid van die Huiseienaarsvereniging, wie die ontwikkeling demokraties bestuur. Die deeltitel geboue het ook 'n Beheerliggaam wat omsien na die algemene instandhouding van hierdie geboue.

Die inwoners van hierdie aftree-oord word verder beskerm deur die Wet vir Afgetrede Persone, wat die eienaars en inwoners meer gemoedsrus gee oor dienslewering, eiendomsregistrasie, en so meer.

Fontaine Bleau Fontaine Bleau Fontaine Bleau Fontaine Bleau Fontaine Bleau Fontaine Bleau Fontaine Bleau Fontaine Bleau Fontaine Bleau Fontaine Bleau